My Naam is Jan-Hendrik - Martyn G Turck

my_naam_is_jan-hendrik_omslag
5 5 1 Product
R 214,00 each

+

Specifications

Adults
A5
199
25/1/2021
978-1-928515-40-1
True Life

Die aangrypende verhaal van Jan-Hendrik Jacobs gryp ‘n mens aan die hart. Hierdie boek is ‘n verhaal van swaarkry en ontbering. Oor etlike jare is Jan-Hendrik uitgelewer aan ‘n wêreld wat hy nie verstaan nie. Hy is aan sy omstandighede uitgelewer.

Hy ervaar dat sy ma hom nie regtig liefhet en ondersteun nie. Dit is ‘n groot gemis in sy lewe. Alhoewel hy verskeie kere toenadering soek, voel hy dat sy hom verwerp. Hy ontmoet ‘n bruinvrou en hul raak onvoorwaardelik verlief op mekaar. Hy voel dat sy hom verstaan en gelukkig maak. Dan ervaar hy die rassisme van ander wat hom veroordeel oor sy verhouding met ‘n bruinvrou. Hy is uitgelewer aan sy omstandighede en hy vertel van die moeilike pad wat hy moes loop. Gelukkig is daar mense wat omgee en wat met hom bemoeienis maak. Die “Smartie-tannie” en veral die “padstal-oom” speel ‘n positiewe rol in sy lewe en is bereid om hom by te staan en morele ondersteuning te gee. Die twee persone se empatie en aanvaarding help hierdie jongman om tog nuwe hoop in die lewe te kry. Ek glo dat elkeen wat hierdie boek lees, aangeraak sal word om ook betrokke te raak en hulle deel vir die randfigure in ons samelewing te doen.

Hierdie verhaal was nie maklik om te lees nie, maar het beslis ook my lewe aangeraak. Dit is vir elkeen ‘n noodsaaklike boek om te lees.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: