My Verhouding met die Lewende God - Pieter Schuurman

cover 1473454309
5 5 1 Product
R 298,00 each

+

Specifications

Adults
A5
226
08/06/2018
978-1-928413-73-8
Religious

Die skrywe handel oor manne en vroue in die Bybelse geskiedenis wat algeheel binne God se wil gelewe het en hoe dit in vandag se lewe uitgeleef behoort te word. Die doel is om mense oor die wye spektrum tot inkeer te roep en hulle bewus te maak dat die mensdom afstuur op die vernietiging indien hulle hul nie bekeer en terugkeer tot God nie.

Ek begin by die skepping van Adam, in die eerste plek en die afvalligheid wat sy ontstaan gehad het met satan wat eerste die vrou verlei het. Hulle is verdryf uit die tuin van Eden en daarna het sonde deel van die menslike bestaan geword met die eerste moord wat eintlik onafwendbaar was.
Ons vind egter dat God wel Sy navolgers gehad het wat Hom in die ware sin van die woord nagevolg het. Ek poog om die gebeure in die Woord van toepassing te maak op die omstandighede in ons daaglikse lewe vandag.

Verder bespreek ek ook die politieke bestel wêreldwyd, wetgewing deur die wêreld-regerings op die wetboek geplaas word en die impak wat die inwoners van die wêreld in geheel het.
Ek poog vêrder om mense aan te moedig om die aangesig van God te soek soos die voorvaders in die Bybelse tyd gedoen het. Ek wil mense van alle rasse aanspoor om die gesindheid van Jesus voorop te stel in hulle daaglikse lewe. Ek probeer ook om mense bewus te maak dat ons wel afstam van Adam en Eva maar dat die lyne tot stilstand gekom het by Noag en na die sondvloed het algeheel nuwe bloedlyne ontstaan.

In werklikheid is ons almal bloedverwante maar belangrikste is dat alle mense onlosmaaklik deel is van God. Ons is almal in God se beeld gemaak alhoewel daar daardie groot diversiteit is.
Ek sal graag mense wil aanspoor om die gebooie uit te leef soos Jesus dit voorgehou het.

Jy moet die Here jou God bowenal liefhê.
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: