Nutria: Volume 1: Met ʼn Bajonet - At Kruger

nutria_1_-_site
4.19444 5 36 Product
R 310,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
341
22/5/2023
978-1-928415-00-8
Action and Adventure, War

Nutria is gister se storie met vandag se gif in twee dele geskryf. Die storie is twee rokies uit een vuurtjie. Die parallelle lewensverhale van Fanie Meiring. ʼn Jongeling wat tydens Die Vergete Bosoorlog, 1966 tot 1989, sy verpligte diensplig as infanteris deurloop het en daarna ʼn lewe moes maak wyl hy, jaar na jaar, opgeroep is om weermagkampe – soms verdere opleiding, dikwels operasionele diens – te doen, tot hy nie meer so jonk was nie.
 
Die weermag van destyds was nie vir sissies nie. Terwille van outentisiteit is die taal dus plek-plek kru en nie geskik vir minderjarige nóg sensitiewe lesers nie.
 
Nutria Volume 1 is die storie van ʼn sestienjarige hoërskoolseun vol testosteroon en oorlogromantiek wat registreer vir diensplig in die infanterie. Van swoeg in bruin uniform, wat amptelik bekend gestaan het as nutria, oor klipkoppe, deur doringruigtes, tussen Namibduine en in Caprivisand. Van oorlogvoering. Van studentelewe en plan maak vir oorleef. Liquorice, soetkoekies, tabak en drank.

Hoe ʼn vrou se lyf kan verlei. Net ’n baie dapper man trou met ʼn mooi vrou. Selfs moor vir haar.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: