101 Lekkerlees Stories - Boekehuis Skrywers

101_lekkerlees_-_site
5 5 2 Product
R 323,00 each

+

Specifications

Adults
A5
351
17/9/2022
978-1-991232-12-0
Action and Adventure, Romance, Short Stories

Hierdie prag-bundel bied die kieskeurigste leser so ’n ietsie van alles onder die son. Humor, nostalgie, romanse, aksie, ens...

Net so ’n klein voorsmakie waaroor die bundel gaan:
Hoe skryf jy jou kind af, as jou bloed na hom roep en jou siel oor hom huil? En hoe verwerk ’n man dit as hy sy verloofde ’n week voor hulle troue, op ’n ander man se skoot betrap.
Peter Gouws word skuldig bevind aan verraad en tereggestel deur ’n vuurpeloton, terwyl Magdalene met haar regterhand vryf oor haar maag, daar waar die klein bultjie begin wys...

 Marlene vertel van Dominee wat kom huisbesoek doen omdat Ma so ’n bietjie handuit ruk, maar sy kry vir Dominee bitter jammer. Sy kén haar ma se tong. En wat sal jý doen as jy op die buurplaas gaan kers opsit en ’n spook saam met jou huis toe ry agterop jou fiets?

 Die nar sorg dat Lida se grootste wens waar word, en Anja is bekommerd oor die komende simfoniekonsert. Hoe gaan sy die orkeslede lei, as sy nie die musiek kan hoor nie.

Allesverloren se ou plaasopstal lyk vervalle. Skielik twyfel Renata of sy die regte ding doen. Dan, meteens wéét sy. Sy’s na Allesverloren ontbied om Japie en Elizabeth se tragiese liefde te verwoord.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: