Die skrywer neem die leser saam met hom op sy lewensreis. ʼn Ongelukkige kinderlewe, waar drankmisbruik en huismoles hooggety vier, het hom op ’n jong ouderdom reeds ingetrek in die donker wêreld van die dagga- en dwelm kultuur.
Deur ’n wonderwerk verskyn Jesus in sy lewe. Die vrede wat hy ondervind kon geen dwelm hom nog ooit gee nie en hy was werklik op ’n goeie plek, vir die eerste keer in sy lewe. Weereens het hy weggevlug van God, terug na die agterstrate van Kaapstad waar bendebedrywighede aan die orde van die dag was. Vasgevang in ’n dwelmhel tussen die Rokers en die Hippies van die laat sestigs en sewentigs.
Na talle botsings met die gereg, beland hy op die ou einde in apartheidsjare se Weermag rehabilitasiesentrum wat moontlik een van die ergstes ter wêreld is. Deurentyd was hy bewus van God se teenwoordigheid wat op verskeie maniere aan hom ge-openbaar word.
A5 247 bladsye
Na baie jare van dwelmverslawing en gewikkel in ’n stryd met homself, word die kettings verbreek. ʼn Moeder se gebede is verhoor. Johan word uit die duisternis van verwarring weggeruk. Hy is vry!
Hierdie is ʼn lewensreis wat die skrywer met die wêreld wil deel om mense bewus te maak van Jesus se wonderlike krag. God se Woord bring genesing en verlossing van enige verslawing en ’n REDE om te GLO.