Sedjutwani - PG van Deventer

sedjutwani - omslag
5 5 1 Product
R 184,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
205
3/3/2020
978-1-928513-18-6
Action and Adventure, Romance

Suidwes-Afrika 1915. Heinz Jakobus Schulz, genoem Kobus, is ’n jong offisier verbonde aan die 6de Afdeling van die Duitse Schutztruppe, gestasioneer in die eensame, woestynagtige wêreld van die verre noordooste van Duits Suidwes-Afrika.

Kobus se pa het met sy aftrede uit die Duitse weermag met beeste begin boer op gehuurde grond terwyl hy op soek was na ’n plaas om te koop. Sy ma was ’n Boere-nooi van die Vrystaat; haar hele familie het in die Anglo-Boereoorlog skermutselings en konsentrasiekampe omgekom. Beide is vermoor in die laaste stuiptrekkings van die Herero opstande in die vroeë Duits Suidwes-Afrika.

Terwyl meer as 2000 Duitse troepe hul wapens, ammunisie, kanonne en toerusting in die diep kant van die Otjikoto-meer gooi, weier Kobus om daaraan mee te doen en vertrek hy in die vroeë oggendure met sy perd en wapens in die rigting van sy pa se ou plaasopstalle in die noordooste van Suidwes-Afrika. Met die ontdekking van sy afwesigheid stuur majoor Victor Franke ’n kaptein en ’n troep agter die deserteur aan. In die daaropvolgende konfrontasie wond Kobus die kaptein en neem hy hul wapens af.

Hy vlug met 'n Boesmanmaat van hom die rooiduin sandwêreld in. ’n Soekpatrollie is agter hom aangestuur. Die “gevaarlike” droster se lewe is onherroeplik daardeur verander.

In die oënskynlik lewelose duine, het Kobus onverwags sy oase, en lewensmaat, gevind.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: