Seerower in Satyn - Keur van Verhale 2

seerower_in_satyn
5 5 2 Product
R 164,00 each

+

Specifications

Adults
A5
97
17/9/2019
978-1-928415-08-4
Romance

Maak dit saak... ja, storie-skryf maak baie saak. Kortverhale is al vir baie jare as ‘n goeie tydverdryf beskou. Met Keur van verhale bring ons weereens goeie kortverhale na die leser, want ‘n goeie storie raak nie oud nie en moet vir die nageslag bewaar word.
Die Boekehuis-Skrywers het hul weereens oortref met keurige kortverhale in dié bundel.

Spanje is pragtig. Die land leen hom toe aan goue oomblikke gesluit in kuiertjies saam met vriende, middag siestas om die ergste hitte te ontduik en druiwe boorde wat kreun onder die vrag van hul skat.
Carmen hardloop deur die prieel en giggel verspot terwyl sy probeer wegkom van Ricardo af. Hulle speel gereeld die soek en wegkruip spel tussen die boorde. "O Carmen...ek hoor jou. Ek gaan jou vind." Carmen giggel weer en gaan sit dan agter 'n ruig druiwe plant. Sy probeer om geen geluid te maak nie, maar haar giggel duik telkens op.
Ricardo loop katvoet deur die boord op soek na die donkerkop wat sy hart so warm laat klop. Hy het haar 'n paar minute gelede nog in hierdie rigting hoor lag.
Carmen en Ricardo se ouers is van die mees welgestelde druiwe boere in die streek en buiten dat die twee jongmense mekaar reeds van kindsbeen af ken was hulle nog altyd dol verlief op mekaar. Ricardo het op Paasfees verlede jaar vir Carmen se ouers gevra of dit hul goedkeuring sal wegdra indien hy hul dogter om haar hand vra. Carmen se ouers was verheug oor die jongman se versoek.......

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: