Vlug 237 - Kobus de Villiers

vlug_237_single_cover
5 5 10 Product
R 279,00 each

+

Specifications

Adults
A5
306
7/9/2020
978-1-928515-01-2
Action and Adventure, Romance

Op 28 November1987, stort die Helderberg, Suid Afrikaanse Lugdiens vlug 295, met 159 mense aan boord in die see naby Mauritius. Daar was geen oorlewendes nie.

Dit was ʼn onstuimige jaar. Suid Afrika gaan gebuk onder buitelandse boikotte. Verskeie klandestiene organisasies werk onverpoos om dié boikotte te omseil.

ʼn Reisjoernalis van Pretoria verdwyn vanaf haar toerbus in die onherbergsame woestyn van Tsjaad tussen N’Djamena en Khartoem.
ʼn Franse diplomaat word dood aangetref deur ʼn Britse TV span by die Makgadikgadi-panne in Botswana.

ʼn Stil, onbekende man wat voorgee dat hy ʼn vryskut skrywer is, smelt weg tussen ʼn groep internasionale verslaggewers by die befaamde American Colony hotel in Oos-Jerusalem.
Ter selfde tyd is daar toenemende onluste en gerugte van 'n opstand onder die Palestyne.
Waaraan werk hy agter geslote hekke by Ben Gurion lughawe?

ʼn Afgetrede Mossad agent in die ou hawestad van Jaffa ontvang ʼn boodskap: “Die walvis het Donderdag vir Jonah ingesluk.”


ʼn Vreemde vliegtuig land in die vroeë oggendure by Waterkloof.
Wie stuur ʼn verjaardagkaartjie met slegs ʼn verlepte pienk roosblaar as boodskap?
Waarom is die Franse diplomaat se beeldskone weduwee toevallig daardie middag in Sandton City?

Hoe is die gebeure gekoppel of enigsins aan mekaar verwant?
Wat is die werklikheid en wat is slegs onbevestigde gerugte?

List of the comments:
1 of 1 find it helpful
It’s a very good read, told by De Villiers with his usual tongue in cheek humour. He also recounts his adventures during a short side trip, accompanying a British film crew on a shoot to Botswana. There he also inadvertently saves a damsel in distress who later competes with Marike for his attention, which again threatens his cover.

I recommend the book to all ex-SADF members and anyone else who enjoys a rattling good (true?) story.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: