Wie is Willow Logan - Marsofine Krynauw

wie_is_willow_logan_-_site
5 5 1 Product
R 273,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
246
20/4/2023
978-1-991232-69-4
Action and Adventure, Romance

Willow Logan word op die platteland gebore, net na haar vierde verjaarsdag verlaat haar moeder hulle. Sy en haar broer bly by hul pappa en word deur hul tante grootgemaak.

Sy leer baie vroeg reeds verwerping en die harde kant van die lewe ken. Pas na skool trou sy. Weereens het die lewe vir haar ‘n draaibal gedeel wat in ‘n nagmerrie ontaard. Daarna verdwyn sy vir jare en keer terug as die Persoonlike Assistant van die Minister van Binnelandse Sake in Namibië.

Sy maak dadelik haar merk, en almal is beïndruk met haar werksetiek en vermoëns. Daar word sy raakgesien deur Ronan Moore – ‘n man wie se hartklop sy raak. Steeds is die lewe vol verrassings, en almal is nie altyd aangenaam nie. Teleurstelling, verwerping, en ‘n gebroke hart is maar van die dinge wat oor haar pad kom die volgende ses jaar.

Sy het een getroue vriend wat sy gemaak het tydens haar verdwyning. Een mens wie sy kan vertrou, wat nie weet van die bestaan van Willow Logan nie. Ook ‘n FBI Agent soos sy – dit is haar bes bewaarde geheim – haar eintlike beroep.

Nadat sy die grootste opdrag van haar lewe ontvang het – een wat niemand anders eers sou dink om te aanvaar en uit te voer nie – verander haar lewe.

Wat het in die tyd gebeur wat Willow Logan verdwyn het? Wat gebeur wanneer sy teruggaan na die plek waar sy haar bekwaam het as FBI Agent? Gaan sy ooit geluk smaak en wie is Willow Logan?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: