Cleo is so kwaad vir haar man omdat hy haar vir so lank vir die gek gehou het. Sy wat nog altyd so hoogmoedig trots was op haar sexy man wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Sy het bederf gevoel deur hierdie sagte man wat nooit sy emosies en pyn wegsteek nie. Hy voel dinge soos geen man wat sy ken dit voel nie, daarom kon hulle twee so lekker connect met mekaar. Die Vader weet! Sy is lief vir Jaco Eretze!
Hoe kon hy dit aan haar doen!
Hoe op aarde kon verraad vastrap plek in hul huwelik kry?