Drome van Gister - Marsofine Krynauw

drome_van_gister
5 5 1 Product
R 299,00 each

+

Specifications

Adults
A5
319
3/8/2021
978-1-77632-667-9
Romance

Zeya Dreyer, ʼn beeldskone meisie word op Baievlei in die Namakwaland groot. Sy is deel van ʼn gesin van vier, haar vader Justin, moeder Kate en ouboet Juan. Hulle is ʼn baie hegte gesin. Alhoewel sy op Lutzville op skool is, bly Baievlei haar harts-plek.

Die Coetzee’s is die eienaars van die Algemene Handelaar op Garies, en ook vir baie jare al bevriend met die Dreyer-gesin. Mantie Coetzee is al vandat Zeya net ʼn dogtertjie was en hy al byna uit die skool, verlief op hierdie pragtige langbeen meisiekind met die besonderse persblou oë.
Haar grootste droom is om eendag ʼn supermodel te word. In haar matriekjaar, skryf haar ouboet Juan haar in vir die Mejuffrou Tiener-kompetisie sonder haar medewete.

Intussen word Kate gediagnoseer met kanker. Dit tref die gesin hard.
Zeya wen die Mejuffrou Tiener kompetisie. Net nadat sy haar matriekeksamen afgelê het, sterf haar moeder. Sy ontvang ʼn aanbod deur een van die beoordelaars van die kompetisie om vir ʼn modehuis in New York te gaan modelwerk doen.

Mantie Coetzee verklaar sy liefde aan haar. Tog blyk dit of haar drome vervul gaan word. Haar gesin en Mantie ondersteun haar en sy verruil Namakwaland vir die loopplanke van New York.

Sy behaal vinnig sukses en word DB Design Studio’s se vars nuwe gesig wat oral op advertensieborde pruik regoor New York. Haar werkgewer, Darryl Boyer, is meer as in sy skik met sy nuwe ‘wunderkind’, maar het heeltemal ander planne vir die beeldskone, onskuldige sonskyn meisie van Namakwaland.

Dit is waar alles onherroeplik begin verkeerd gaan. Zeya se drome van gister het haar byna haar lewe gekos. Sy beland in die hande van gewetenlose mensehandelaars. Gaan hulle haar lewendig vind?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: