Lente-lief - Wilmarí Jooste

cover_lentelief
5 5 1 Product
R 234,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
211
22/6/2020
978-1-928513-51-3
Romance

Lente Roux is ’n Karoo-kind, pas klaar met matriek en haar enigste droom is om met Johannes te trou. Selma, haar ma, het egter ander planne vir Lente. Nadat haar ouma vir Lente vertel hoekom haar ma haar van die plaas af wil dwing, pak sy haar verslete tassie met haar tuisgemaakte rokkies, sodat Selma haar in Kaapstad kan gaan aflaai.

Justin Devereux, Lente se werkgewer, het net een mikpunt; om Lente te besit. Christo, sy wynboer-broer, kom tot Lente se redding toe dinge skeefloop. Hy neem haar na sy plaas toe, gedetermineerd om Lente te beskerm; ook teen homself. Lente is, volgens hom, bloot net ’n kind en hy weier om toe te gee aan sy gevoel vir haar. Sy maak dit egter nie maklik vir hom nie, want onder daardie onskuldige kind-beeld, is ’n warmbloedige en uiters begeerlike vrou, wat alle inhibisies oorboord gooi wanneer sy in sy kosbare Devereux-wyne invaar.

Kan Lente ooit vir Christo oortuig dat die ouderdomsgaping tussen hulle nie saak maak nie, of gaan Lente moet teruggaan Karoo toe en van Christo vergeet? ’n Koerantfoto onthul geheime wat die deurslag gee in die besluit wat Lente moet neem; een wat haar lewe totaal sal ontwrig.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: