Melodie van die Winterwind - Nicoline Cockrell

melodie_-_site
5 5 1 Product
R 140,00 each

+

Specifications

Adults
B6
125
27/10/2024
978-1-991455-40-6
Romance, Mystery

Gretha Meyer is alleenlopend en bietjie lugtig vir die liefde nadat sy alreeds deurgeloop het en deur die liefde verraai is. Dan ontmoet sy onverwags een wintersaand die verdwaalde Gerhard met sy ietwat Amerikaanse aksent, na baie jare in die buiteland.
Sy reël 'n staptog vir haar stapklub en Gerhard besluit om saam te gaan. Hy bring ’n paar mense saam wat vreemdelinge vir die klub is, en haar lewe word skielik bedreig op die roete waarna sy so lank uitgesien het!

Kan dit dalk sy aanvallige vriendin wees, wat soos 'n hen om hom kloek, wat vir die aanvalle verantwoordelik is, of kan dit voor die deur gelê word van die legende van Hogsback?

Sy sukkel ook bo alles om die egskeiding en dood van haar enigste broer te verwerk. Sy het net haar vriendin en die se man as haar vertrouelinge om op staat te maak.

Die verrassing is egter groot toe sy uiteindelik die ware feite rondom Gerhard en haar noue ontkomings uitvind!

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: