Na ‘n liefdelose huwelik, jare lange stryd teen oorgewig en die dood van haar gewese man, besluit Zinia om “genesing” van al die hartseer van die afgelope jare, in Mosselbaai te gaan soek. Sy verhuis van die bekende om ‘n nuwe lewe te begin. Mosselbaai was nog altyd haar hartsplek en wat dit makliker maak is die feit dat haar jarelange vriendin daar woon. Met haar beradingsagtergrond, besluit Zinia om ‘n Beradingspraktyk te open, maar wil eers vestig en goed uitrus.
Die noodlot gooi egter haar planne omver en Zinia beland in die hospitaal nadat sy deur Wessel Gerber se groot hond omgespring word, en sy haar arm sleg breek. Daar is dadelik vuurwerke tussen die twee en Zinia is geskok toe sy uitvind dat hy eintlik die leraar is van dieselfde gemeente wat sy bywoon.
Sal die geliefde ds. Wessel Zinia se hart weer in die liefde kan laat glo?