Oor Grense Heen - Ina Cantoni

cover_oor_grense_heen_-_ina__cantoni
5 5 2 Product
R 211,00 each

+

Specifications

Adults
A5
229
26/2/2019
978-1-928415-94-7
Romance

Die Nagels is ’n gemiddelde blanke gesin wat op ’n kleinhoewe woon. Die Khumalo’s, ’n uiters welgestelde gesin in die nuwe Suid-Afrika. Gladys is verbitterd, selfs omdat Justin, haar seun, ’n dokter geword het.

Dokter Justin Khumalo is aan diens as die ambulans met die Nagels by ongevalle aankom. Hy deel bevele uit en staan terug om die erg beseerde gesin op te neem. Vir hom is dit pasiënte, mense sonder kleur.

Vroeër vanaand was hy en sy moeder by die opvoering waar Celest Nagel die orkes gelei het. Justin wou die uiters begaafde jong pianis sien optree.

Gladys het saam met hom gegaan om net een rede: omdat sy mag. As swart vrou mag sy in die konsertsaal sit wat in haar kindertyd net vir blankes bedoel was.
In sy agterkop sien hy haar nog buig voor die dawerende gehoor. Hoekom dan die byna waansinnige vrees as sy na hom kyk?

Wat gaan gebeur tussen Justin en Celest, haar ouers en sy voorouers? Kan die kleurskeidslyn verskuif en is daar ’n toekoms OOR GRENSE HEEN?

List of the comments:
No vote yet
Die ouers is die probleem en die oplossing

Ek het gesit en snik van die huil toe ek die boek toemaak. Van al Ina Cantoni se boeke het hierdie een my die heel meeste getref.

Twee jongmense, een wit en een swart, raak lief vir mekaar. Gooi die politieke situasie in Suid Afrika en die positiewe en negatiewe opinies van die karakters bymekaar, en jy het die bestanddele vir hope drama en konflik.

Dis 'n storie oor tragedie, hoop, liefde, verwerping en aanvaarding.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: