Amy worstel met die onverwerkte hartseer van haar seuntjie se dood en haar egskeiding. Sy vlug na die rustige stranddorpie Dwarskersbos in 'n poging om vrede te vind. Daar ontmoet sy Gerrit, 'n speurder wat ondersoek instel na 'n geheime visstropery-netwerk. Terwyl Amy probeer om haar seer te verwerk en Gerrit sy gevaarlike missie aanpak, begin hul paaie verweef. Hulle ontdek hoop, genesing en liefde te midde van donker geheimenisse en emosionele stormwinde. Sal hulle die moed vind om mekaar se laste te dra en die skaduwees van die verlede te oorkom?