Sy begin met ander oë na Ivan Viljoen kyk toe sy onthou hoe verlore hy en sy dogter daardie dag gelyk het. Om ’n tienermeisie pa-alleen groot te maak, kan seker nie maklik wees nie.
Soos die tyd verloop en hulle al hoe meer in mekaar se geselskap beland, tref die liefde haar nes daai fratsgolf van destyds, maar Ivan is nog glad nie gereed om aan te beweeg nie. Hoe ding sy mee met sy oorlede vrou se herinneringe? Dan verskyn daar nog ’n spook uit Ivan se verlede waarmee geeneen van hulle rekening gehou het nie.
Kan Cindy hierdie nuwe verwikkeling dalk tot haar voordeel gebruik om Ivan van haar goeie intensies te oortuig? Of gaan dit nog ’n groter struikelblok veroorsaak?