Van Verneuker tot Jintelman (in 10 maklike stappe)- AnnMaree Barry

v1
5 5 1 Product
R 280,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
217
09/11/2019
978-1-928415-29-9
Humour, Romance

Die boek waarvoor elke vrou of verneuker gewag het.

Volg die 10 maklike stappe maar pasop vir die 'twist'

AnnMaree Barry het dit weer reggekry en vertel in haar eie unieke taalgebruik hoe om van 'n verneuker 'n jintelman te maak. Hou maar die sneesdoekies byderhand vir al die lagtrane wat gaan loop en, terloops, dit is volwasse leesstof.

Daar is niks wat Susan de Beer nie sal doen om haar man gelukkig te hou nie. Beide hulle seuns is alreeds uit die huis uit en volgens haar, het hulle na ses en twintig jaar die perfekte huwelik. Tot die bom een middag bars toe Sebastiaan haar doodluiters meedeel hy gaan uittrek, want die lewe wat hulle het, is saai.

Susan vind uit Sebastian het haar gelos vir ’n meisiekind die helfte jonger as hyself. Haar enigste vriendin tref haar in ’n vreeslike toestand op die plaas aan. Koba besluit dis tyd dat Susan iets omtrent haar vaal voorkoms doen as sy haar man wil terugwen.

Met ’n splinternuwe voorkoms en bewapen met Koba se tien stappe hoe om ’n verneuker om te swaai in ’n jintelman, begin Susan met haar strategie om Sebastian terug te kry.

Tydens stap agt van Koba se plan begin dinge lelik skeefloop wanneer Susan besef daar is ’n verband tussen haar plaasbestuurder en Sebastian se vlam.

Gaan sy Sebastian kan red uit die kloue van gewetenlose swendelaars, of gaan sy ook ’n prooi word van die Rutherford-familie se bedrog?
Maak jou klaar vir 'n lekker lees-lag-tot-jy-lê-boek

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: