Vrou van Veld en Vlakte - Marsofine Krynauw

vrou_van_veld_cover
5 5 8 Product
R 199,00 each

+

Specifications

Adults
A5
197
11/9/2020
978-1-928513-98-8
Romance

Zena Blake, is die eerste vrou wat haar gekwalifiseer het as beroepsjagter en nie lank daarna nie as grootwildjagter in haar Namibië. Haar passie, nie net vir die natuur nie maar vir volhoubare trofeejag, maak van haar ʼn baie besonderse vrou.

Hul seun, Deandre, deel haar passie vir albei haar groot liefdes en hulle het ʼn baie spesiale band. Tyler, haar man, is ook ʼn professionele jagter. Alhoewel hy ʼn goeie gids is, belemmer sy voorliefde om eerder die lewe te geniet sy oordeel. Hy het ook geen band met sy seun nie, inteendeel, is hy van Deandre se kinderdae af afgunstig en jaloers op hom en altyd in kompetisie met hom.

Hoe meer gereeld Tyler verdwyn vir dae, hoe meer raak Zena haar in haar werk verdiep. Sy word deur een van die jagters wat sy gids genooi vir ʼn vakansie in Kanada, nadat hy besef het hierdie pragtige vrou dra ʼn groot seer in haar rond.

Wanneer Deandre dus agterkom dat Tyler se losbandigheid besig is om sy geliefde moeder erg te ontstel, raak sy wrewel jeens sy vader net nog groter. Hy verlaat dan ook die plaas om vir ʼn groot jagonderneming in die Noorde sy liefde te gaan uitleef.

‘n Groot tragedie tref die familie, maar gaan dit enigsins Tyler Blake se siening oor die lewe verander?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: