San-Mari en haar broer, Wouter, erf die familie-wynplaas ná hul vader se skielike afsterwe. Terwyl Wouter sy plek in die wynbedryf vind, bly San-Mari soekend na haar lewensdoel—én na antwoorde oor hul ma, Mercia, wat verdwyn het toe hulle kinders was. ‘n Toevallige ontdekking in hul pa se studeerkamer bring ‘n leidraad na Mercia se verlede aan die lig en wek vrae oor haar verdwyning. San-Mari se vasberadenheid om die waarheid te ontrafel, lei haar op ‘n gevaarlike pad, waar familiegeheime en onverwagte onthullings haar wêreld skud. Teen die agtergrond van die wynlande se prag ontvou ‘n storie van verlies, liefde en ‘n onbreekbare band tussen broer en suster.
Kan San-Mari vrede vind met die verlede, of wag daar nog donker onthullings?