In hierdie boek vertel Ina Cantoni van Fynbosville, 'n klein dorpie, oënskynlik onbenullig, maar met onderstrominge wat mense lewens kan maak of breek.
Jennifer Krynauw, wat as gevolg van haar eie brandwonde 'n hospitaal bou om ander mense te help, se verlede het 'n groter letsel op haar hart gelos as in haar gesig.
Wat het in haar matriek jaar alles verkeerd geloop wat sy na vyf en twintig jaar in die oë moet kyk?
Hoe pas die legkaart inmekaar en hoe gaan dit almal se toekoms beïnvloed?
Sal dit help om die plate fynbos te vra vir die waarheid?
Die verlede haal almal tog een of ander tyd in..