Baäl se jag - Johan Fourie

baal_se_jag_-single_cover
5 5 1 Product
R 222,00 each

+

Specifications

Adults
A5
201
6/ 8/2020
978-1-928513-85-8
Action and Adventure

“Gatvol vir korrupsie,” dreun dit voor die Unie-bou.

“Gatvol vir korrupsie!

“Gatvol vir korrupsie!”

Driehonderd paar tekkies verskaf gesinchroniseerde voetestamp vir die singende en dansende skare voor die Unie-geboue.

’n Peleton van die SA Polisiediens hou die vreedsame betoging geamuseerd dop.

Twee vragmotors van AgriForum volg met waarskuwingsligte wat sy flou dreigemente uitbasuin.  Plakkate verkondig die Departement Landbou se jongste sonde teenoor die boeregemeenskap. Een plakkaat wys ’n beskuldigende vinger na die skare links van die vragmotors.

“GAAN JY MY PLAAS VAT?!

JY EN WIE?!”

Korrupsie vier hoogty op alle vlakke van die regering. Miljarde rande word jaarliks gesteel. Dit is ‘n daaglikse verskynsel – van ‘n paar duisend rand se bedrog of omkoopgeld tot miljarde rande. Die staat word deur kontrakteurs uitgebuit en betaal nie markverwante pryse vir produkte en dienste nie. Die ANC-regering laat dit toe.

‘n Gees van korrupsie is toegelaat om te gedy in die pos-apartheid Suid-Afrika. In ‘n poging om sy  populeêre steun te versterk na ‘n teleurstellende algemene verkiesing, is die regering openlik verdraagsaam teenoor die korruptiewe element.

“Anything goes,” solank daar geld te make is. Geld regverdig enige krom praktyk. Hoe dieper die ontvangers van die korrupsievoordele ingetrek word in die misdadige modderpoel, hoe minder kans is daar vir ontbloting van die talryke sondes.

BAAL se mengelmoes raak net al hoe morsiger. Die kans om die gemors op te ruim, al hoe kleiner.

Is dit maar ons voorland?

Moet ons dit maar aanvaar?

Voer Xikhova en sy span korrupsievegters ‘n verlore stryd?

Iewers sê iemand:

“NEE. GENOEG IS GENOEG!”

Baäl is die bekende Siries-Palestynse god van donderweer en vrugbaarheid wat graag gejag het. In ’n bekende Noordwes-Semitiese teks word vertel hoe hy op die jag uit is en gesoek word deur sy gewelddadige suster Anat, wat ook sy beminde is. Wanneer sy hom op sy ekspedisie vind, sien sy hom as ’n bul en hy sien haar as ’n koei. Hulle seksualiteit word geprikkel en hulle kopuleer tydens die jag. As gevolg daarvan word ’n bulkalf vir Baäl gebore.

Die mense van Siro-Palestina het hierdie gedrag nageboots om hulle inkomste te verhoog. Die vereniging van Baäl as die god van vrugbaarheid en Anat as die gewelddadige godin moes die sukses van die mense se kuddes en oeste teweeg bring. Daarom het hulle sogenaamde sakrale prostitusie beoefen in die hoop om ryk te word. Hierdie gedrag word in oud-Israelitiese tekste as beginselverraad veroordeel en as hoerery gebrandmerk.

So geld Baäl tot vandag as toonbeeld van verrotting en ’n simbool van verraad.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: