Komplot - Kobus Pieterse

komplot_-_site_947897904
5 5 1 Product
R 204,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
190
8/4/2020
978-1-928513-34-6
Detective/Mystery

Na twaalf jaar diens besluit Inspekteur Jan Joubert dat die Polisiemag nie meer vir hom is nie. Hy werk sy gat behoorlik af, maar die skelms is vinniger uit die selle as wat jy kan sê mes. Die geregshowe is vrek vêr agter met hul sake en die polisiemag is daardeur gedemotiveerd. Elke dag word die publiek ontnugter met die nuus oor korrupte amptenare en hul bedrywighede.

Hy besluit om dit waarvoor hy die beste opgelei is, op ’n privaat basis te doen. Hy haat dit dat iemand na hom verwys as ’n ‘P I’ en kry vinnig ’n assistent genaamd Ogies om hom by te staan. Hy word genader om ’n vriend van hom wat verdwyn het, kort nadat hy ’n baie groot polis op sy lewe uitgeneem het, te soek. Is hierdie versekeringsbedrog of toeval? Sy ondersoek neem hom na ’n buurland en sy paaie kruis met gewetenlose dwelmsmouse wat nie sal skroom om te moor nie.

Hy ontmoet ook ’n pragtige jong dame wat sy hormone behoorlik op loop het. Hy besluit dat sy die een is waarvoor hy tot nou toe gewag het.

Sy pad kruis dan ook met korrupte amptenare, in ’n mindere mate, en die dwelmsmouse se meelopers wil hom met alle geweld uit die pad hê. Gaan hy die KOMPLOT rondom sy vriend se verdwyning betyds ontrafel, of gaan die skelms hierdie rondte seëvier?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: