Mis oor die See II: Die Ontknoping - Francois Stemmet

cover_mis_oor_die_see_2
4.2 5 5 Product
R 259,00 each

+

Specifications

Adults
A5
259
23/7/2020
978-1-918513-56-8
Detective/Mystery, Romance

Dis vyf jaar later en Fanie word heeltemal gesond en boer steeds op La Bri. Teuns en Celia is getroud en woon op La Bri. Annet se boetiek floreer. Fanie Malherbe is inderdaad ‘n gelukkige man. Dis vir niemand ‘n geheim dat Ferdie sy oupa se oogappel is nie en Fanie is ingenome dat Ferdie landbou studeer op Stellenbosch.

Nadat Marius graad gevang het, besluit hy om op Teuns se plasie net langs La Bri te kom boer. Ou Trappies kom natuurlik saam en die twee se love-hate verhouding staan sterk.

Marius en Annet het trouplanne, maar Annet voel haar boetiek het nog te veel aandag nodig.
Celia het die huishouding op La Bri oorgeneem en haar huis in die stad verkoop.

Die agtergrond is geskets vir ‘n idilliese bestaan. Of dalk is dit juis andersom. En wat is broer Pierre se planne?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: