Hittegolf - Wilmarí Jooste

hittegolf_-_site_2066075571
5 5 1 Product
R 284,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
283
12/8/2019
978-1-928512-38-7
Romance

Adjudant-offisier Rick Terblanche kom op Parkersrus aan, ’n gasteplaas in die middel van die Groot-Karoo, om weg te kom van ’n trauma wat hom byna sy lewe gekos het.

Hy is ’n hondehanteerder, maar sy hond, Ruben, skep ’n wesenlike probleem omdat Amy Parker, die meisie in beheer van die gasteplaas, doodbang is vir honde. Dit kos heelwat oorreding van Rick om haar te laat instem dat Ruben daar mag bly.

Na slegs ’n kort rukkie, weet Rick dat Amy die vrou is wat hy wil hê, maar Amy het al vantevore seergekry en sy is nie bereid om so maklik te vertrou nie. Rick weet wat hy wil hê en daar is ’n hewige chemiese reaksie tussen hulle waarteen Amy nie bestand is nie.
Rick is ’n stadsmens... Amy ’n plaasmeisie. Dit dreig om enige moontlike verhouding in die kiem te spoor.

Rick het egter groter probleme as om net vir Amy te oortuig dat hulle saam ’n toekoms kan hê, want die rustigheid daar in die Karoo word ernstig bedreig deur ’n gewetenlose sindikaat wat nie gaan toelaat dat iemand in hulle duiwelspad kom, nie.

Gaan Rick en Amy al hierdie probleme kan oorbrug?

List of the comments:
No vote yet
Ek sou graag wou sien dat hierdie tipe boeke duidelik geklassifiseer word as Volwasse Roman.

Ek het die storie geniet. Die skrywer was nie skaam om liefdestonele (baie daarvan) met diskressie te beskryf nie. Dit het nie vulger gevoel om dit te lees nie.

Rick is n baie sterk karakter wat weet wat hy wil hê. Amy kom ook sterk voor maar tig bespeur 'n mens 'n weerloosheid by haar.

My absolute gunsteling in die storie is (myns insiens) ook 'n hoofkarakter en hy klim sommer vanaf Amy se vals singery kniediep in my hart in..

Ek sou hierdie boek loshande aanbeveel by enige leser wat meer soek as net 'n gewone liefdesroman. Die boek het ook genoeg aksie in om die leser vas te vang.
Sit dit maar gerus op jou lysie van boeke om te koop.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: