Huwelik op Kontrak - Natasha Nilson

huwelik_op_kontrak_site
4.42857 5 7 Product
R 204,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
A5
166
17/4/2022
978-1-77632-740-9
Romance

18++

Ricardo is lewenslustig. Baie geld, vinnige motors en maklike meisies is al waarom sy lewe draai. Charles, sy pa, gaan dit nie langer duld nie. Hy stel ʼn ultimatum; Ricardo moet met sy jare lange vriend se dogter trou, of hy word onterf en verbeur ook die kans om ’n vennoot te word in die besigheid.

Vir Ricardo is dit moeilik om te aanvaar dat hy met ’n vrou moet trou van wie hy nie eers hou nie, boonop kom sy uit ʼn lae klas huishouding. As hy kon kies, sou hy met iemand soos Bailey trou. Sy is die perfekte sekretaresse wat sy aandag ten volle kan behou, maar sy is net afleiding. Afleiding wat hom gou in die moeilikheid laat beland.

Clarissa is dan ook die uitlaatklep vir sy frustrasies, totdat sy besluit sy gaan nie meer toelaat dat hy haar verder verneder met sy seermaak woorde nie. Na ’n ernstige besluit tussen Ricardo en Clarissa, kom hulle tot die slotsom dat ’n kontrak die enigste uitweg is.

Ricardo struikel, maar skielike trauma duik op. Hy moet nou sterk staan. Al weet hy nie hoe nie, moet hy sy vrou nou bystaan.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: