Die opvolger van Duindanser is propvol Liefde, Aksie en Verraad. 'n Moetlees!
Na sy aanstaande deur ’n slangbyt sterf, verlaat Gerhard Brandt die Kalahari.
Hy ontmoet die beeldskone, skatryk Denise. Dit lyk asof hy weer geluk en liefde gaan vind. Maar die verlede is nie klaar met die swerwer, boer en oud-huursoldaat nie.
Aksie, bloedvergieting en verraad snipper aan sy toekomsplanne.
Gaan hy liefde vind, of rol die dobbelsteen van die noodlot, weereens teen hom?