Van Satynlakens tot TEERSTRATE - Liza Daniells

mg satynlakens voorbladfinaal
5 5 7 Product
R 340,00 each

+

Specifications

Adult - SVL
B5
261
29/11/2017
978-1-928413-61-5
Biography

(Slegs vir volwassenes, bevat kru taal)

Resensie deur Magda Oosthuizen.

Waar sal ek begin?
Sommer by die begin. Wat 'n briljante boek!
(Ek het die voorreg gehad om die manuskrip te lees.)

Van Satynlakens tot Teerstrate is die outobiografie van Liza Daniells. 'n Klein dogtertjie wat van die ouderdom van 8 jaar, teen haar wil en onskuldig, vasgevang was vir 26 jaar in 'n hel van satanisme en seksuele mishandeling. Die verhaal vertel van haar onskuld, seer, vrees, drome, mislukking en oorwinning. Haar onbeskryflike, onskudbare geloof in haar Hero op sy forse spierwit arabierse perd. Haar ongenaakbare kinderlike geloof, want sy is tog maar steeds net daai klein wise-ass dogtertjie, wat op haar Hero se voete dans, al is sy in 'n grootmens lyf.

Die boek is beslis nie vir sensitiewe lesers nie. Ook nie vir die tannies wat Woensdae oggende vroue biduur hou en met n koppie tee oor en weer vertel van hoe perfek hul lewens en huwelike is nie. Dit is baie eksplisiet. Dit is rou en kru en opreg, dit is wat dit is, punt en klaar.

Die skryfstyl en taalgebruik is uniek. Die emosies en gebeure wat uitgebeeld word laat die leser in trane, saam lag, kwaad, jammer, dankbaar, skuldig, nederig en sommer net alles deurmekaar. Ek moes menigte male vir Liewe Jesus vra om my asseblief te vergewe. Die waarhede en openbarings wat in die boek weggesteek lê bring mens tot nuwe insigte en forseer jou om raak te sien, die dinge wat ons onsself so maklik teen blindstaar.

Ek is geen ekspert of professionele skrywer nie, maar ek weet wat ek beleef het en die verskil wat dit in my hart gemaak het vandat ek begin het tot en met ek daai manuskrip se laaste bladsy gelees het. Van begin tot einde was ek vasgenael; en dit was nie soos met enige fiksie of romanse nie. Ek het eerlikwaar geen kritiek om te lewer nie.

Al wat ek weet, is dat ek die boek 110% aanbeveel.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: