Tussen die lyne - Ria Richards

tussendielyne
5 5 2 Product
R 189,00 each

+

Specifications

Adults
A5
158
17/06/2018
978-1-928413-41-7
Romance

Kortverhaalbundel

Tussen die lyne vloei swart ink op wit papier.
42496 vrolik dartelende woorde vertel stories soos:
Onverwagse liefde,
Die soen,
Hoefbaai se motorfiets-bruid
en Geleende tande.

"Jy het wat gedoen?"
“’n Tydelike pos aanvaar op ’n plaas om ’n invalide vrou te versorg," sê Anneke doodkalm.
"Hoe op dees aarde kan jy dit selfs oorweeg, Anneke? Jy ken die mense van geen kant af nie. En wat dan van Hein? Julle sal nooit dinge uitgesorteer kry as jy aanhou weghardloop nie."
"Ma, daar is niks meer om uit te sorteer nie. Hein is die een wat besluit het hy wil sy vryheid hê, want dit sal nooit tussen ons werk nie. Wat meer moet ek doen? Ek gaan hom beslis nie smeek om by my te bly nie."
"Soms moet mens bereid wees om die minste te wees om ’n verhouding te laat werk, Anneke."
"Nee, Ma, hoekom moet ek altyd........

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: