Hoe Paaie Draai - Dirk van Zyl

hoe_paaie_draai_-_site
5 5 1 Product
R 255,00 each

+

Specifications

Adults
A5
190
28/11/2024
978-1-991455-60-4
Poetry

Dirk van Zyl, is ’n digter wat verhalende gedigte na ons bring. Die stories wat ons so elke dag in ons lewe ondervind, wat jy in ritme kan lees ... die waarheid ontbloot deur ’n digter se oë en pen. Die waarheid wat seermaak.

Hier deel ons sy ’n stukkie van sy gedig Die Nuwe Herder en dit is ’n situasie wat daagliks ondervind word.
Die pad lê soos ’n dooie slang teen die berg,
kronkelend tussen plante en rotse na die kruin.
Dit vertoon, en dan is dit weg,
tot waar dit in die niet verdwyn.

Aalwyne pryk hoog om hul kroon te vertoon
en blomme lok die nektardrinkers byeen.
Stadig drywende wolke loer skelm oor die kim,
ver onder is die voëls met vryheid geseën.

Daar’s geen dronk volstruis, of ’n besope troupand,
geen mossie slinger by die drinkplek rond.
Geen dronkgestry onder die kwartels,
of flougedrinkte fisante op die grond.

Geen tortelduif en spreeu wat baklei oor drank,
of halfdronk pou wat op toonbanke dans.
Geen voosgesuipte bokmakierie,
wat wals met ’n besope gans.

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: