Kiewiet is ʼn liefdesbundel geskryf aan die ideale vrou, as daar ʼn ideale vrou vir my is, sal sy eendag deur Kiewiet te lees, sien wat my siening van liefde is
Lewensmoeë...
lewensweë...
agtergelaat...
ek het besluit,
om my verstand toe te sluit,
my hart gaan ek laat praat,
ek wil in die son lewe,
op vlerke van die wolke swewe,
die natuur inasem,
herinneringe graveer in my verstand,
saam met jou loop hand-aan-hand,
op ʼn spierwit strand,
warm oomblikke vir my oudag skep,
jy is ʼn antwoord op my gebed,
blik beker koffie drink,
terwyl die oggend ster vir ons wink,
saam met jou sal die gloed van ʼn oggend vuur,
vir ewig duur.