Reënboog Lantern - Johanita Viljoen

reenboog_lantern_-_site
5 5 3 Product
R 169,00 each

+

Specifications

Adults
A5
79
21/10/2022
978-1-991232-09-0
Poetry

Met die nader sleep van die notaboekie val my oog op die skaduwee van 'n groot boom. En ek merk hoe rustig 'n klein voëltjie, ongesteurd, saadjies en wurmpies oppik en die skadukol ten volle benut.

Dit kom by my op dat die Here die skaduwee aan ons regterhand is. Dat Sy Liefde die Groot 'koelteboom' is waaronder ons kan voortgaan...of ons saadjies of wurmpies optel en of ons net klein bietjie rus... Hy bied daardie stilte, kalmte en koelte aan, sodat ons, soos die voëltjie, kan ontspan. Sy alomteenwoordigheid sal altyd by ons bly as ons kies om in Sy koelte te rus.

My begeerte is dat ons altyd soekend sal wees na die onverganklike goedheid en getrouheid van die Heer en dat die kleurvolle Reënboog van Sy Genade altyd vir ons 'n nuwe Belofte in sal hou!

List of the comments:
No vote yet
Jy my spesiale maatjie, wat die boek gaan lees.... baie dankie! Ek hoop ons kan saam droomhuisies van goud, smarag, wierook en mirre bou terwyl ons lees, mymer en peins, ons gees verdiep in die wonderlike skatte van Reënboog Lantern!

Dit is so 'n voorreg en genade gawe om musiek en woorde uit my potlood te laat vloei! As skrywer en sanger is dit natuurlik vir my om woorde en komposisies neer te pen. Ek is lief vir mense, hul eienskappe en die redes agter hulle gedrag. Ek probeer dit in woorde uitdruk en neerskryf. Afrikaans is my moedertaal en ek is baie lief daarvoor! Maar ek geniet dit ook om in Engels te skryf! Alle tale is pragtig! Ek beskou God as die bron waaruit dit ontstaan het!

Wanneer ek kindergediggies of liedjies skep, klop my hart van vreugde! Ek hou ook daarvan om poësie en musiek as 'n middel te gebruik om die Woord van God en my Christelike oortuigings na buite toe te kommunikeer!

Jesus Christus, Yeshua Hamashiach, is my alles. Hierin lê die hoop vir my skeppende kuns!
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: