Die meerderheid gedigte in hierdie manuskrip was werklik almal in ‘n tydperk van minder as drie maande geskryf. Hierdie tydperk was ’n moeilike tyd (seisoen) in my lewe as vrou, ma en onderwyseres, maar ook ‘n kreatiewe tydperk. Hierdie werk kom uit my hart en ek het hierdie inspirasie in mense, gedagtes en ervarings van my alledaagse lewe gekry, in seisoene wat ek ervaar wat ek in ink wou vasvang. Hierdie is my debuutbundel en ek is in elke stukkie poësie brutaal eerlik in hoe ek dinge beleef.
Finachlie is in Vanderbijlpark gebore en haar skoolloopbaan in Kareedouw afgeskop. Sy was twaalf jaar toe haar ma sterf en daarna was hulle nooit egter lank op een plek nie en moes sy telkens noodgedwonge aanpas. Sy moes vir ‘n groot deel van haar lewe ‘n ma vir haar twee jonger susters wees. Vanaf graad 10 was sy in Hoërskool Nylstroom en het daar gematrikuleer. Na skool het sy Onderwys studeer (Snr en FET fase) met Engels as hoofvak. Sy het haar graad in Engels voltooi en so ook haar Honneursgraad in Toegepaste Linguistiek. Sy is nou al 10 jaar ‘n onderwyseres by Hoërskool Nylstroom waar sy Engels doseer. Sy is getroud, het twee seuns en woon steeds in Nylstroom. Sy het egter deurentyd hierdie brandende begeerte om haar emosies en gewaarwordinge in Afrikaans weer te gee.