ek ken 'n plek waar die bloekombome dans
waar hul my kindweesgeheime in fluisterstem verskans
daar waar die Marico in ʼn kommetjie rus
en die berge die hemel passievol kus
Drienie Kelly (gebore Joubert) is gebore op 19 Maart 1975, te Zeerust in die ou Transvaal.
Die skrywer se liefde vir Afrikaans en poësie kan gesien word in haar werk, alles wat in haar persoonlike lewe gebeur, mense, omstandighede, die see, berge en bos is alles dinge wat haar inspireer om te skryf. Sy is veral lief vir die bosveld en beskryf haarself as ʼn Bosveld-eva.