Ons seun, Herman, is aan ons geleen vir ’n baie kort tydjie. My baba is oorlede twee dae voor hy drie maande oud sou word. Baba Herman het ons lewe verryk en met sy afsterwe is ons lewens uitmekaargeruk. Ek kon my baba se afsterwe nie aanvaar nie en het dit moeilik gevind om hom te laat gaan. Maar vandag kan ek met blydskap sê dat ek berusting daarin gevind het.
My woorde aan elke mamma en pappa wat ’n kind aan die dood moes afstaan: Julle moet nooit ophou bid en glo nie. Jesus sal julle elke sekonde van die dag deurdra. Jesus het my van dag een af deurgedra en dra my nog steeds. Onthou… Jesus is in beheer en hy weet van beter.
Ek glo dat wie ook al hierdie boek mag lees, sal sien waardeur ek as mamma is met baba Herman. My baba is nou in Jesus se arms. Gelukkig en sonder enige pyn. Ek glo dat julle ook vrede en berusting in julle harte sal kry
Ek hoop julle vind baat by hierdie verhaal van baba Herman.