Bekende Vreemdeling van die Namib - Lady Jane (Kindle)

bekende_vreemdeling_-_kindle
5 5 1 Product
R 97,00 each

+

Valery Beukkamp, die lewenslustige donkerkop met haar wakker groen oë, ontdek aan die einde van haar twee-weke toer deur Barcelona se historiese geboue dat die lewe vreemde paaie met jou kan loop. Met haar besoek aan die Liceu Opera Teater, kom Peet Russos, tot haar redding tydens ’n bomaanval op die operahuis. Daarna kan Valery nie die uiters aantreklike man uit haar gedagtes kry nie.

’n Maand later is daar ’n onvoorsiene aanval op haar lewe tydens ’n terreuraanval in Afrika waar sy mediese diens verrig saam met haar goeie vriend, dokter Carlos Rodriquez. Carlos reël dat Valery na haar beserings aansterk by ’n vriend van hom se gasteplaas, suid van Lüderitz. Onwetend dat Peet Rusoss die eienaar van Rusoss Desert Lodge is, en danksy Carlos Rodriquez se agteraf gekonkel, beland Valery weereens in die hande van die man met die donker, broeiende oë wat haar lewe in Barcelona al deurmekaargekrap het.

Peet is egter ’n man met ’n donker geheim. Ongeag wat ons harte na smag, gaan die lewe egter voort en neem ons soms verkeerde besluite. Sal sy die vrou wees wat uiteindelik die spoke van sy verlede kan uitwis wat gereeld skeiding tussen hulle bring?

List of the comments:
No comments have been posted yet.
Vote:

Give your advice about this item:

Username:
E-mail: