Die kleintyd reuk en klank
klop aan my venster
met elke druppel wat
neertrap uit die hemel
die bekendheid van
vars grondreuk
dam op in my neus
ek mis net my ouers
wat saam kon sit en hoor
die sinkdak-klop
as elke druppel roep
die saggies-bid
van my pa... dankbaar
voor hy sy oë sluit
onherroeplik verby
met net die grondreuk
wat in die nou van onthou bly
ek mis die kleintyd
van n druppel-se-val
© Heleen Malherbe