Vanaand
hang die maan
die dag se lag
oop teen die hemel
sodat die nag-besoekers
kan saamdeel
in dit wat die
dag uitdeel
die meeloop van hande
waar voete nie wil
die tong wat prys
as die lippe daarteen stry
die oë wat sien
wat die verstand uitwys
die hart wat weier
om daarvoor te buig
die saam-staan-stem
tussen die verstand
en die hart
die laaste sê bly
as realiteit
die weg wys
© Heleen Malherbe