Jessica Venter
Ek is verras met die uitstekende gedigte van hierdie uitdaging. Dit wys my weer hoe veelsydig julle digters is. Elke gedig wat geplaas word, is 'n wenner maar die een wat my aan die hart gegryp het, is die hierdie een van Jessica Venter. Ek glo nie sy het bekendstelling nodig nie. Sy is een van ons jarelange lojale admins.
Jessica Venter woon in Randfontein, getroud met 2 pragtige kinders en is baie lief vir diere. Sy het in 2011 'n droom in haar hart gekry om stories te skryf en het al verskeie boeke en 'n digbundel gepubliseer. Sy skilder ook graag.
Haar raad aan skrywers en aspirantskrywers is: Moet nooit ophou droom nie. Leef jou storie want dit kan, as jy dit toelaat, ander inspireer en verander.