Marianne Buys
Alhoewel hierdie week se Digter van die Week nog net sewe maande ʼn lid is van die groep, glo ons nie sy het bekendstelling nodig nie. Sy is gereeld bedrywig op die groep, is dit nie om terugvoer te gee op haar mede-digters se verse nie, plaas sy self redelik gereël verse. Ons Digter van die Week hierdie week, Marianne Buys is by ons Malherbe Digtershuis vriende nie onbekend nie.
Sy neem ook getrou aan die uitdagings deel, en dit is haar reaksie op hierdie week se uitdaging oor boeke wat ons aandag getrek het tussen soveel ander verse. Dit was nie ʼn maklike keuse nie, want die reaksie op die uitdaging was goed en daar het sovele goeie werke ingekom.
Boekewêreld van Marianne Buys het nie net ʼn spelerige toon nie, maar is ʼn vers wat die inspirasie foto oneindig goed beskryf. Almal wat graag lees sal kan vereenselwig met hierdie vers. Die gevoel dat ons weg gevoer word na ʼn ander land, dat ons kan ontvlug van ons eie emosies en omstandighede wanneer ons lees, kan reis, kan verlief wees, kan wees net wat ons wil wees so tussen die blaaie van ʼn boek.